Kontact Ons

Ons Dienste

Ons spesialiseer in Surrogasie, Familiereg, Litigasie...

Kontak Ons

Ons wil graag van jou hoor. Kontak ons vandag!

Welkom!

Op 1 April 2011 het Kobus Rossouw en Elmari du Plessis saam begin praktiseer as Rossouw & Du Plessis Prokureurs.

Kobus is ’n gekwalifiseerde aktebesorger en spesialiseer in siviele litigasie, wat kontraktereg, skadevergoedingseise, egskeidings en skuldinvordering insluit. Hy hanteer ook arbeidsreg-aangeleenthede, die opstel van huweliksvoorwaardekontrakte en testamente en die bereddering van boedels.

Elmari spesialiseer in familiereg-aangeleenthede, byvoorbeeld egskeidings, onderhoud, dispute rakende die sorg van en kontak met kinders en Kinderhofverrigtinge, asook die opstel van surrogaat-ooreenkomste en aansoeke om sodanige ooreenkomste deur die Hooggeregshof te laat bevestig.

Elmari is ’n mediator en fasiliteerder en verkies om familiereg-aangeleenthede by wyse van mediasie te besleg. Sy is ’n lid van FAMAC (Family Mediators’ Association of the Cape).

ONS spesialiseer in:

  • Surrogasie
  • Familiereg
  • Litigasie
  • Invorderings
  • Strafreg
  • Aktevervaardiging

Email Us